EDU DETTO
Geroep vir 'n toekoms
Edu Detto is ‘n gespesialiseerde kurrikulum vir akademies bekwame leerders wat meer individuele aandag en holistiese ontwikkeling geintegreer met die akademiese kurrikulum benodig of selfs net verkies. Die Edu Detto bategebaseerde Onderrigkurrikulum by Laerskool Goedehoop verteenwoordig ‘n baanbrekende geleentheid om in leerders se akademiese en persoonlike groei te belê. Hierdie innoverende program fokus op die benutting van leerders se sterkpunte om hulle te help floreer as onafhanklike, selfversekerde en goed-ontwikkelde individue.

ONS VISIE EN MISSIE
Kurrikulum ONS GEE OM
‘n Gespesialiseerde kurrikulum ontwerp vir leerders om hulle te help floreer op akademiese, sosiale en emosionele gebied. Holistiese ontwikkeling, individuele aandag en ondersteuning en opvoedkundige leiding van verskeie ontwikkelingsterapeute word ingebou in die kurrikulum om sodoende die leerders se sterkpunte te gebruik om aan enige uitdagings te werk. Hierdie gespesialiseerde kurrikulum is eksklusief beskikbaar by Laerskool Goedehoop.
Edu Detto se doel is om pragtige “Young Minds” volledig te ontwikkel en hulle voor te berei vir die blink toekoms waarvoor hulle geroep is.
Die kurrikulum is veral geskik vir leerders met goeie potensiaal wat sal baat by:
- Meer individuele aandag in kleiner klasse.
- Gespesialiseerde leiding deur ‘n hoogs gekwalifiseerde ondersteuning-span.
- Leerders wat sal baat by ondersteuning met sensoriese prosesserings-, konsentrasie- angs, sosiale of emosionele uitdagings.
DIE VEILIGHEID VAN STANDVASTIGE STRUKTUUR ONS BELEIDE EN RIGLYNE
Edu Detto beskik oor vasgestelde beleide en riglyne waarvolgens die skool funksioneer. Ons weet dat hierdie noodsaaklike dokumente die nodige gestruktureerde omgewing en raamwerk skep waarin ons ons passie met kreatiwiteit uitleef.