Skip to content
Sport

Trompoppies

Ons leer om saam te werk! Die uitdrukking ‘een swaeltjie maak nie ‘n somer nie’, kry hier gestalte. Ons dogters leer wat dit beteken om ‘n plekkie in die groter geheel te hê en dat elke plekkie belangrik en noodsaaklik is om ‘n volledige prentjie of formasie te skep.

Houding en postuur is belangrik – ons leer ons dogters om gedissiplineerd te wees en hard te werk. Met konsentrasie, akkuraatheid en trots voer ons as ‘n span, ‘n eenheid, gekoördineerde danspassies uit. Ons strewe om uitmuntend op te tree, nie perfek nie.

Aan die einde van elke oefensessie dans ons, wees laf en lag, bou wonderlike spangees en skree ons ons kreet! Bo alles, leer ons om onsself te midde van harde werk individueel en as deel van ‘n span te geniet.

Skaak

Skaakmat! ‘n Spel vir enige ouderdom. ‘n Ontdekkingsreis wat kinders slimmer maak op ‘n prettige manier. Dit leer kinders dink, oorweeg en strategieseer. Dit leer hulle beplan – ook om planne aan te pas of om vooruit te dink en verder te beplan soos nuwe situasies opduik. Dit is soos die lewe – daar sal altyd geleenthede en uitdagings opduik en met deeglike denke, oorweging en beplanning kan ons dit aangryp en oorkom.

Waar baie sportsoorte ‘n kind se fisiese spiere ontwikkel, bied skaak die geleentheid om ‘n gesonde verstand deur denkprosesse verder te ontwikkel.  Skaak leer kinders ook hoe om lyftaal van opponente te interpreteer sonder dat hulle daarop fokus.  Dit is boonop ‘n gesinsaktiwiteit wat ure se pret en kwaliteit tyd saam verseker.

Sport
Sport

Mini – Netbal

Ons begin klein! Mini–netbal poog om die dogtertjies balvaardighede te leer en ontwikkel, terwyl hulle die basiese aspekte van netbal leer, ontwikkel en bemeester. Ons leer deur speel, beweeg en spontane deelname. Ons ontwikkel ook persoonlik deur ons eie talente te ontdek deur “Aha”-oomblikke. Ons ontwikkel emosionele intelligensie deur oorwinnings te vier en nederlae te oorkom, as  ʼn eenheid en span.

Netbal

Net sekeres mag  ʼn doel gooi, maar ons dogters leer hier dat dit  ʼn span verg om ʼn doel aan te teken. Elke netbalspeler het  ʼn verantwoordelikheid wat bydra tot die sukses van die span. Eenheid is belangrik – saam toon ons uithouvermoë. Hierdie maak ons gereed om eendag ons plek in die samelewing te kan volstaan.

Sport
Sport

Pumaki – Rugby vir die kleine

Hier word ons rugbyfondasie gelê – saam as ‘n span. Elke seun kry geleentheid en massa deelname word aangemoedig. Ons word deel van ʼn kultuur waar ons as manne vriendskapsbande vir ewig bou.  Ons wil elke seun toerus met hoop, ons bied iets meer as ʼn sport. Hier vorm ons broederskap.

Rugby

By Laerskool Goedehoop glo ons dat rugby ‘n fundamentele rol speel in die ontwikkeling van ons seuns – nie net fisies op die sportveld nie, maar ook op ‘n geestelike en emosionele vlak. Ons afrigters is passievol in die oordra van kennis van die spel, maar ook om die waardes van wat van ‘n seun verwag word, vas te lê.

Bevordering van die liefde vir die sport is hoog op ons prioriteitslys. So verseker ons dat ons seuns wat ‘n waardevolle bydrae in die samelewing kan maak, die wêreld instuur.

Sport
Sport

Tennis

Tennis – dissipline, fokus, waaksaamheid.

Hoë balle, oor die net, vorentoe, binne die lyne. Na elke terugslag moet ons opkyk en die bal weer vorentoe kry met die doel om te wen. Soos die lewe, voor elke besluit kyk ons eers in die lug op, voor ons afslaan. Dan weet ons waar die kontak met die bal moet wees en hoe ons die mees effektiefste afslaan sal kry om voor te kom. Met ʼn kalm hart en ferm greep op die raket is ons gefokus op elke hou.

Ons streef daarna om elke leerder die nodige vaardighede te leer om ʼn goeie tennisspeler/ster te wees. Ons ontwikkel elke leerder as individu maar ook as span.

“If you are behind, focus on one point at a time.

Don’t focus on the score. Don’t focus on anything else.

Just focus on that one sole point.” – Serena Williams

Krieket

Die rol van Laerskool Goedehoop Krieket is om ‘n genotvolle en samewerkende gees te skep waar die klem val op sportmangees, gelyke deelname, vaardigheidsontwikkeling en die viering van die sukses van individue en die span.

Die Gees van die Spel moet deur spelers en afrigters omhels word. Sportmangees moet altyd seëvier bo wen.

Dit is almal se verantwoordelikheid om alle spelers aan te moedig, om te verseker dat die span as ‘n span van gelykes funksioneer en dat ons inklusief is.

Alle spelers moet die geleentheid gebied word om kwaliteit advies te ontvang en op ‘n gepaste vlak mee te ding om hul vaardigheidsontwikkeling te verbeter.

Sukses kom in alle verskillende vorme in krieket – van 1ste paaltjie, 1ste lopie tot 1ste vangskoot. Daar is geen beter manier om ‘n span te bou as om die prestasies van alle spelers te vier nie.

Sport
Sport

Mini-Krieket

Mini Krieket gee aan elke speler ʼn gelyke kans. Ons leer basiese kolf, boul en veldwerkvaardighede. Hand – oog koördinasie speel ʼn baie groot rol in hierdie vaardighede en dit is belangrik dat daar aan hierdie vaardighede geskaaf word.

Ons leer goeie sportmanskap aan en leer om te misluk en dan weer te probeer want daar is altyd nog ʼn kans. Krieket hou ons nederig sodat ons voete altyd stewig op die grond sal bly.

Gholf

Gholf hier by Laerskool Goedehoop kan geniet word deur alle ouderdoms groepe, geslagte en of jy groot of klein is.

Ons doel hier by Laerskool Goedehoop is om ‘n verhouding en ‘n band met ons leerders te skep en om vir hulle die nodige afrigting te gee waarop hulle kan staatmaak en vertrou.

Laerskool Goedehoop gholf fokus nie net op die spel van gholf alleen nie, ons fokus is op ‘n proses wat by alle fasette van die lewe aangepas kan word, nie net om ons gholfspel te verbeter nie, maar ook sodat ons kan groei as mense.

Ons glo dat gholfspelers deur onderrig hul identiteit moet behou.

Laerskool Goedehoop gholf streef om ‘n sterk fondament, ‘n vrye verstand en ‘n begrip van oorsaak en gevolg te vestig.

Ons streef om ons spelers te leer hoe om hul beste gholf te speel, en ons poog om ons jong atlete voor te berei om hul optimale prestasie te bereik.

Sport
Sport

Hokkie

Ons beywer ons daarvoor om aan elke speler/speelster die geleentheid te bied om sy/haar potensiaal ten volle te ontwikkel en om altyd ʼn goeie positiewe en respekvolle gesindheid saam te kan werk, te lag en dit te geniet.

Goeie sportmanskap en harde werk is die sleutel tot sukses en hierdie kwaliteite en waardes reik baie weier as slegs die sportveld.

Dans

Dans is ʼn sport waar ons groot pret het. Ons leer nie net ritme en bewegings nie, maar ook konsentrasie, groot en fyn motories. Kinders kan hulself geniet en leer waardering vir die beweging van die menslike liggaam.

Sport
Sport

Bergfiets

Balans, krag, stabiliteit, mobiliteit is alles atletiese funksies wat in ʼn eenheid saamgesnoer word vir die  fietsryer om sukses te behaal. Bergfiets bied soms baie moeilike struikelblokke wat oorkom moet word en opgee is nooit ʼn opsie nie. Ons behaal die eindpunt soms vol stof en sweet en trane. Dit is egter die teken van die wenner, die een wat teen die einde steeds op sy/haar fiets is. Die plek maak nie saak nie.

Atletiek

Atletiek is die sportsoort wat ons in verskeie fasette uitdaag. Die mededinging is straf en elkeen dra verantwoordelikheid vir sy/haar sukses of mislukking. Vir lui wegsteek is daar nie plek nie, deursettingsvermoë en harde werk word beloon aan die einde van die seisoen. Die harde werk word nie deur die skare gesien nie, slegs die resultaat indien ons gelukkig is.

Mislukking is wreed maar die oorwinning is soet. Hierdie is ʼn ideale voorbereiding hoe elkeen die lewe aanpak en voorberei vir sy/haar toekoms.

Sport