ONS SKOOL
By Laerskool Goedehoop vestig ons ons hoop op ‘n onbeweeglike Lewensanker, en daarom kan ons kinders elkeen op sy eie pas presteer tot die beste van hul vermoë. Ons gee nie voor dat die lewe geen uitdagings sal voorhou nie, maar weet dat ons vaste Hoop altyd deur sal bly staan. Híerdie hoop kweek aanpasbaarheid en die vermoë om terug te bons deur ons onvermybare beproewings.
Ons onderwysers het ‘n konstante verwagting dat goeie dinge net om die draai vir elke kind wag, en ons leef graag daagliks díe hoop uit.
ONS GESKIEDENIS
ONS PERSONEEL As hoof en Beheerliggaam van Laerskool Goedehoop is die deurlopende ontwikkeling en opleiding van ons personeel van onskatbare waarde.
Gawie van Niekerk
Abrie van Zyl
Mariëtte Boyley
Illse Jordaan
Johan Naudé
Lezaan van der Walt
Nadine Strydom
LEIERSkap by Goedehoop
By Goedehoop erken ons leierskap as ʼn godgegewe talent net soos baie ander talente waaraan ons bootgestel word. Net soos ander talente beskik ons in ʼn meerdere of mindere mate ʼn natuurlike gawe tot die talent. Met ander woorde, leierskap is meer natuurlik vir sekere leerders. Net soos ons aan ons ander talente slyp moet daar ook aan ons leierskap talent geslyp word.
By Laerskool Goedehoop glo ons in intensionele-, sowel as nie-intensionele ontwikkeling van leierskap en leierseienskappe. Sekere ontwikkeling is doelgerig gemik op die ontwikkeling van leierskap, terwyl ander aktiwiteite die kind as geheel vorm en ʼn bydrae het op die ontwikkeling van sy of haar leierseienskappe. Geleenthede moet geskep word om leierskap te ontwikkel.
Ons glo die grondslag van leierskap lê in dienende leierskap. Wanneer ʼn kind leer om sy gemeenskap te dien ontwikkel ander eienskappe van leierskap, soos byvoorbeeld invloed. Die vermoë om ander saam te neem in die regte rigting. Vanaf die grondslagfase word alle kinders blootgestel aan verskillende rolle van leierskap. Aan die einde van graad 6 word ʼn verkiesing gehou vir die komende jaar se leiers.
Leierskap is ʼn voorreg en is harde werk, daarom moet leierskap op ʼn regverdige en regmatige basis ontwikkel word.
Leiers 2025
Skolierpatrollieleiers 2025
BUSROETE
Algemene inligting:
-
Hierdie diens is streng vooruitbetaalbaar. U sal na betaling by die skool se kassiere, ‘n kwitansie vir die kwartaal ontvang wat u kind aan die busbestuurder moet toon.
-
Die koste word per kwartaal verreken. Kontak Francis de Klerk vir die bedrag.
-
Die skool kan nie verantwoordelik gehou word indien u kind die bus verpas nie.
-
Daar sal ongelukkig geen diens na Charl Cilliers, Brendan, Trichardt of Kinross wees nie.
-
Ons as skool onderneem om aan al die vereistes van openbare padvervoer te voldoen.
-
‘n Waglys sal opgestel word. Leerders wat reeds van die diens gebruik maak, kry elke kwartaal voorkeur.
Grootskool:
Die groot dag is hier!
Hier volg ʼn paar wenke om die oorgang na die grootskool makliker te maak.
Voor die groot dag
- Gaan kuier saam met u kind by die opedag. Dit is die ideale geleentheid om die onderwysers te ontmoet en die terrein te leer ken. Indien u nie die opedag kon bywoon nie, maak ʼn afspraak met die skool om die skool te besigtig.
- Koop reeds skoolklere, skooltas en kosblik vroegtydig en merk dit duidelik met u kind se naam en van. Dit gee meer sekuriteit.
- Die skryfbehoeftepakkie word deur Goedehoop voorsien en is reeds by die skoolfonds ingesluit.
- Die somervakansie maak plek vir luilekker somerdae met nie te veel roetine nie. Maak seker dat kleinding ʼn week voor die skool begin, vroeg (20:00) gaan slaap om te verseker dat wanneer die skool begin die roetine weer gevestig is.
- Gesels met u kind hoe dinge by die skool gaan werk. Juffrou gaan vir hom/haar slim leer lees, skryf en somme maak. Pouse is dit broodjie- en speeltyd.
- Indien u kind by die naskool gaan wees, maak seker dat hy/sy weet waar dit is en wie die onderwysers daar is.
- Skep opgewondenheid vir skoolgaan by u kind. Dit is ʼn groot voorreg om te kan leer lees en skryf in ʼn veilige omgewing. Skool is waar daar nuwe dinge geleer word en maats gemaak word.
- Gesels met u kind oor die groot avontuur van skool toe gaan. So kan u agter kom wat u kind se vrese en vrae is.
- Maak seker u kind weet wat die skooltye, aktiwiteite en nasorgreëlings is.
- Maak seker u kind kan self aantrek, skoenveters vasmaak, die badkamer korrek gebruik en hande was daarna.
- Indien moontlik neem verlof vir die 1ste dag of tref reëlings om die oggend rustig saam met u kind te kan wees.
Nog net 1 slapie
- Sit kleinding se skoolklere uit sodat dit net die volgende oggend aangetrek kan word.
- Pak kleinding se skooltas saam met hom/haar sodat hulle in die gewoonte kan kom om dit self te doen. So is dit vir u moontlik om seker te maak alles wat in die skooltas moet wees, is daar en u kind weet waar om iets te kry sou die juffrou na iets spesifieks vra. Dit kweek ook selfstandigheid vir die res van hul skoolloopbaan.
- Wanneer u die kosblik pak, maak u kind deel daarvan. Laat hy/sy saam besluit watter lekker gesonde kos daarin moet kom.
1ste Skooldag
- Gee genoeg tyd om rustig te kan klaarmaak en betyds by die skool te kan wees om spanning en ʼn gejaagdheid te voorkom. Dit gee u die geleentheid om saam met u kind op die terrein te stap en seker te maak u kind is rustig.
- Maak seker dat kleinding ʼn gesonde ontbyt eet, opgewondenheid kan veroorsaak dat hulle nie honger voel nie.
- Pak ʼn lekker gesonde kosblik in, lekkergoed is ʼn bederf wat vir Vrydae gebêre word, geen gaskoeldrank nie.
- Wanneer u kind by die klas is groet en vertrek dadelik, dit is vir u kind baie swaar indien mamma of pappa te lank talm.
- As u dié dag huil, kan u kind dink dat die skool ʼn gevaarlike plek is.
- Moenie vir u kind sê hoe baie u hom/haar gaan mis of wat u alles gaan doen nie. Dit kan hom/haar skuldig laat voel en hulle wil dan nie skool toe gaan nie.
- Reël met kleinding waar u vir hom/haar gaan wag wanneer die skool uit kom, wees betyds. Indien daar onvoorsiende omstandighede is en u nie betyds gaan wees vir huis toe gaan tyd nie, kontak die skool vroegtydig.
Ekstra inligting
- Woon die inligtingsaand by sodat u op hoogte is van hoe dinge by die skool werk. Dit vind gewoonlik binne die 1ste week van die nuwe jaar plaas.
- Skep ʼn in-boks/area waar u of u kind enige kommunikasie of skrywes van die skool kan sit waaraan u moet aandag gee.
- Maak seker dat u bewus is van hoe die skoolfonds werk. Oor hoeveel maande word skoolfonds betaal asook teen wanneer dit maandeliks betaal moet word. Maak vroegtydig voorsiening vir die maande waarin daar skoolvakansie is, om sodoende te verseker dat u nie ʼn maand agter raak nie.