Skip to content

Akademie

Akademie

Goegieland

Gr. 000 (3/4 jr), Gr. 00 (4/5jr), Gr. 0 (5/6jr)

Ons verwelkom elke klein unieke maatjie wat vir ons ‘n geleentheid skep om ‘n fondasie te lê wat ewigdurend is.  Elke speletjie is gevleg met vaardighede wat ‘n mandjie vorm om hulle verder te dra in elke graad.  Hier koester ons hulle uniekheid, ons sien potensiaal en skep ‘n omgewing waarin hulle nie net kan floreer en ontwikkel nie maar veilig voel, want elke vlegdraad bevat ons leuse Godgerig, kindgerig en toekomsgerig sodat hulle nie net sal groei nie maar as volwasse ook kan vrug dra. 

Bykomende dienste:
* Rekenaarsentrum

Graad 1 tot 3

Grondslagfase

Vaardighede word speel-speel aangeleer met stelselmatige integrering van formele werkies. By Laerskool Goedehoop weet ons dat elke maatjie uniek is en poog ons om dit te koester deur hulle as individue te hanteer. ‘n Standvastige fondasie vir akademiese en emosionele ontwikkeling word in hierdie fase gelê, sodat ons met sukses in die volgende fases daarop kan voortbou.

Bykomende dienste:
* Rekenaarsentrum
* Conquesta
* Ondersteuningsklas

Graad 4 tot 7

Intersenfase

Met die fokus op die individualiteit en uniekheid van elke kind, word elkeen in hierdie fase gelei om in hulle eie potensiaal te glo. Ons onderwysers poog om sover moontlik, deur verskillende tegnieke en individuele aanslag, aandag aan kinders te gee om hulle te lei, onderrig en uit te daag om hulle potensiaal te ontwikkel en daarvolgens te presteer.

Om kinders met HOOP vir die toekoms gereed te maak, glo ons as onderwysers dat ons goeie standvastige waardes en riglyne moet integreer met uitstekende, hoë kwaliteit akademiese onderrig. Leerders word geleer om te beplan en te organiseer terwyl vaardighede soos goeie dissipline en uitstekende kommunikasievermoë ook deurentyd ontwikkel word.

Speel vorm steeds by Laerskool Goedehoop ‘n belangrike hoeksteen van ontwikkeling. Kundiges wêreldwyd stem saam dat speel vir kinders belangrik is omdat dit die primêre fondasie lê vir leer, verkenning, probleemoplossing, asook die verstaan van die wêreld om jou en jou rol daarin. Ons wil daarom ons kinders steeds geleentheid gee om in die middae te kan speel. Onderwysers maak daarom seker dat huiswerk sinvol is, met die oogmerk om kinders se akademie te bevorder, maar ook tot die minimum beperk word, sodat leerders speeltyd ook sal inkry.

Ons maak gebruik van aanvullende bronne, soos… om leer pretvol en interessant te maak. Goed opgeleide, passievolle en energieke personeel propvol nuwe idees poog om u kind se leer te bevorder.

Bykomende dienste:
* Rekenaarsentrum
* Conquesta
* Top 10