LAERSKOOL GOEDEHOOP
Ons, as hoof en onderwysers van Laerskool Goedehoop, wil u kind leer, bemoedig, ondersteun en lei om die wêreld hoopvol, gebalanseerd en gegrond toe te tree. Ons vier nuuskierigheid en kreatiwiteit. Ons rus u kind toe met HOOP en VEERKRAGTIGHEID – ‘n anker en ‘n springbord.
KINDERS MET HOOP
ONS WAARDES

AKADEMIE
By Laerskool Goedehoop glo ons dat akademie voortdurend die middelpunt van elke skool moet wees en ons help graag ons kinders presteer tot die beste van hul vermoë.

SPORT
Ons glo, by Laerskool Goedehoop, dat aktiewe kinders gelukkige kinders is. Ons bied ‘n verskeidenheid sporte aan vanaf rugby en netbal tot bergfiets en skaak.
KULTUUR
By Laerskool Goedehoop is ons kultuur nie net van die beste gehalte nie, maar glo ons ook dat dit ontsettend belangrik is sodat ons veelsydige kinders kan kweek.
NUUS
Ons hou daarvan om te spog en plaas gereeld nuus en artikels aanlyn. Klik hier om al die nuutste stories te lees.
ONDERSTEUNINGSDIENSTE ONS GEE OM
‘n Gelukkige kind is ‘n kind wat toegerus is om elke dag se uitdagings met HOOP en ‘n breë glimlag aan te pak.
Om elke kind veilig en beskermd te laat voel, ook in moeilike of onsekere tye, bied verskillende terapeute ondersteuningsdienste aan. Ons terapeute vorm deel van die personeel en dit stel ons in staat om ‘n inklusiewe benadering tot onderwys te bied.
Sonja Koekemoer
Ronél Sadie
Daníle Neethling
Ronél Janse van Rensburg
ONTMOET VIR GOEGIE
Goegie is ‘n trotse Goedehoper en is deel van ons aktiwiteite by die skool. Goegie vertel stories, deel drukkies en high fives uit, speel, dans en leer ons kinders op ‘n speelse manier. Só leer ons kinders saam met Goegie om probleme op te los:
DIE VEILIGHEID VAN STANDVASTIGE STRUKTUUR ONS BELEIDE EN RIGLYNE
Laerskool Goedehoop beskik oor vasgestelde beleide en riglyne waarvolgens die skool funksioneer. Ons weet dat hierdie noodsaaklike dokumente die nodige gestruktureerde omgewing en raamwerk skep waarin ons ons passie met kreatiwiteit uitleef.