Skip to content

Biekie Skool Middagsorg

Wat bied Biekie Skool?

Biekie Skool is meer as net ’n middagsorg. Ons is stewig gevestig in Christelike beginsels en skep vir ons leerders ’n ideale omgewing waar hulle kan leer en speel. Hier fokus ons op jou kind se akademie deur te help met huiswerk en aanvullende leeraktiwiteite.

Opgeleide en ervare personeel is vir ons van kardinale belang, en ons spog met ’n dinamiese span. Ons bied daagliks liefdevolle en veilige toesig.

Vakansiesorg is ’n prioriteit. Ons beplan ’n program wat lekker en opwindend is.

Goeie kommunikasie is noodsaaklik. Daarom is daar elke middag ’n ontvangsdame op die terrein.

Kontak: Ingrid Schoeman
073 844 2599

Biekie Skool Middagsorg

JAPSNOET BESTUUR

Ons is drie dinamiese mammas met ’n “rugbyspan” vol seuntjies. Ons het ’n passie vir die toekoms van ons kinders en, net so, vir die kinders van ons gemeenskap. Ons streef daarna om die beste sorg en ondersteuning vir u kind te bied.

Vriendelike groete,
Carolyn, Janike en Jessica

Pre Primêr

Grondslagfase

Intersenfase

Ontvangs

Biekie Skool Middagsorg