Skip to content

GOEDEHOOP PRE-PRIMÊR

By Laerskool Goedehoop glo ons dat die pre-primêre fase van ‘n kind se lewe die boustene neerlê vir ‘n gelukkige, positiewe en suksesvolle skoolloopbaan.

Ons personeel is opgewonde om te sien hoe elke jong kind oorwinning behaal oor die kwessies wat hul hinder. Ons gee graag erkenning aan alle mylpale – groot of klein – en weet dat díe erkenning vir elke individu kan lei na hoop, en met hoop kan ons kinders die uitdagings van môre aanpak.

Pre Primêr

SKOOLTYE

Skool begin om 08:00, maar daar is reeds vanaf 06:30 ‘n personeellid in die Muisklas aan diens. Teen 07:00 kom die onderwyseres wat daardie dag aan diens is om die kleuters te ontvang. Kleuters mag onder geen omstandighede deur enige iemand alleen gelaat word of alleen ingestuur word skool toe nie. Wanneer die kleuter afgelaai, of gehaal word moet ‘n ouer of ouer boetie of sussie die kind vergesel.

Die skooldag eindig om 12:55. Die onderwyseresse sal daagliks aan diens wees tot 13:30. Indien iemand anders as die persone vermeld op die inskrywingsvorm die kleuter moet kom haal, MOET die ouer / voog aan die persoon ‘n toestemmingsbrief gee of vooraf met die klasonderwyseres skakel. Sonder díe nodig reëlings, sal geen kleuter aan iemand anders oorhandig word nie.

Die naskoolsentrum bied ook vakansiesorg aan.

Skool begin om 08:00, maar daar is reeds vanaf 06:30 ‘n student in die personeellid aan diens.

Teen 07:00 kom die onderwyseres wat daardie dag aan diens is om die kleuters te ontvang. Kleuters mag onder geen omstandighede deur enige iemand alleen gelaat word of alleen ingestuur word skool toe nie. Wanneer die kleuter afgelaai, of gehaal word moet ‘n ouer of ouer boetie of sussie die kind vergesel.

Die skooldag eindig om 12:55. Die onderwyseresse sal daagliks aan diens wees tot 13:30. Indien iemand anders as die persone vermeld op die inskrywingsvorm die kleuter moet kom haal, MOET die ouer / voog aan die persoon ‘n toestemmingsbrief gee of vooraf met die klasonderwyseres skakel. Sonder díe nodig reëlings, sal geen kleuter aan iemand anders oorhandig word nie.

Die naskoolsentrum bied ook vakansiesorg aan.

Wat bied Goedehoop Gr.O

  • Skoolgereedsheidstoetse – RGN se SEGO toetse word vanaf Oktober gedoen.
  • Rekenaars – Gr. 0 leerders werk op ‘n perseptuele rekenaarprogram.
  • Terapeute – spraak- en arbeidsterapeute werk by die skool vir intensiewe waarneming om moontlike leerprobleme vroegtydig te identifiseer. Daar is ook ‘n berader by die skool om kinders by te staan indien nodig.
  • Poppekas – word gereeld vir kleuters aangebied.
  • Uitstappies en instappies – word gereeld gereël.
  • Toneelgroepe, die dierebeskermingsvereniging en mondhigiëniste besoek die skool gereeld.
  • Verversings – elke kleuter bring hul eie kospakkie. Vrydae is snoepie-dag en kan kleuters ‘n lekkertjie saam met hul kos inkry skool toe.
  • Klein klasse – daar is 4 Graad 0/0- en 6 Graad 0-klasse wat deur gekwalifiseerde onderwyseresse beman word.
  • Klaskamers – goed toegerus.
  • Buiteterrein – is ‘n kleuterparadys met swaaie, wipplanke, klim en klouterapparaat, sandput, glybaan en fantasiehoekies insluit.
  • Skooldrag – gemaklike klere vir lekker speel. Merk asseblief klere duidelik.
  • Rapporte – word vier keer per jaar uitgegee.
  • Leerplan – volg nuwe CAPS-program (implementeer 2012)
  • Leer geskied deur speel, maats weet nie eens hul leer nie
  • Kleuterskool fokus op sensoriese spel vir aanleer van vaardighede
  • Fantasie spel met tema-dae verseker dat vaardighede op alle vlakke aangeleer word
  • Slegs gekwalifiseerde personeel
  • Klein klassies
Pre Primêr
Pre Primêr
Pre Primêr

VERVERSINGS

Kleuters bring gedurende die week eie kospakkie en vrugtesap / koeldrank (geen gaskoeldrank), Vrydag is snoepiedag en kan hulle ‘n lekkertjie saam met hul kos, in hul kosblikke kry. Daar word veral klem gelê op higiëne en goeie tafelmaniere. Middagsorg maats pak ‘n ekstra kosblikkie.

Gradeplegtigheid

‘n Besondere funksie word elke einde van die jaar gehou, wanneer die Gr. 0-kleuters diplomas ontvang.

Pre Primêr

SKOOLFONDSE

Kontak gerus die debiteurekantoor by (017) 634 7722 of stuur ‘n e-pos na debiteure@laerskoolgoedehoop.co.za.

Gr 00 Bankbesonderhede
Laerskool Goedehoop
ABSA Tjekrekening
Secunda
Rekeningnommer: 4050974665

Gr 0 Bankbesonderhede
Laerskool Goedehoop
ABSA Tjekrekening
Secunda
Rekeningnommer: 1510490378