ONS HART
By Laerskool Goedehoop vestig ons ons hoop op ‘n onbeweeglike Lewensanker, en daarom kan ons kinders elkeen op sy eie pas presteer tot die beste van hul vermoë. Ons gee nie voor dat die lewe geen uitdagings sal voorhou nie, maar weet dat ons vaste Hoop altyddeur sal bly staan. Híerdie hoop kweek aanpasbaarheid en die vermoë om terug te bons deur ons onvermybare beproewings.
Ons onderwysers het ‘n konstante verwagting dat goeie dinge net om die draai vir elke kind wag, en ons leef graag daagliks díe hoop uit.