Sonja Koekemoer ‘Tannie Liefde’ / Jeugwerker
Sonja Koekemoer is getroud. Sy het ʼn babadogtertjie en ʼn kat genaamd Muis. Sy het haar graad in Maatskaplike werk met lof verwerf in 2015 aan die Universiteit van Pretoria. Sy het ʼn passie vir kinderbeskermingsdienste en om om te sien in die beste belang van kinders is vir haar baie belangrik.
Sy doen ook aanbiedings by internasionale simposiums oor maatskaplike werk in die Suid-Afrikaanse konteks. Sy is tans besig met haar meestersgraad in Forensiese Maatskaplike Werk aan NWU. Die Jeugwerker by Laerskool Goedehoop se rol is om ondersteuning te bied aan die kind. As die geestelike mentor in die skool, werk sy voltyds in die skool, saam met die personeel en u as ouer, om te verseker dat kleinding sy volle potensiaal bereik.
Die Jeugwerker voer gesprekke met leerders waar dit blyk dat hulle ondersteuning nodig het. Die Jeugwerker identifiseer basies enige moontlike probleem en in samewerking met die personeel en u as ouer, stel dan moontlike stappe voor, om te verseker dat u kind nie verhinder word om gesond groot te word nie.