Skip to content

Ronél Sadie Opvoedkundige Sielkundige

Ronèl Sadie is getroud met haar laerskoolkys en is die mamma van drie kinders, twee seuns en ʼn dogter.  Al drie haar kinders was gelukkige Goedehopers.  Ronèl het ook 5 jaar gedien op die Beheerliggaam van Goedehoop. Sy is lief vir kuier en onthaal, die uitvoerende kunste, doen staptoere en doen graag blomme in haar vrye tyd.

Sy het ʼn Onderwysgraad aan die Universiteit van Pretoria verwerf en met lof geslaag.  Sy het daarna haar honneurs verwerf ook by die Universiteit van Pretoria en die graad ook met lof geslaag.  Haar fokus van haar studie was:  Kinders met gedrag en emosionele probleme. 

Sy het daarna haar Meestersgraad gedoen en gekwalifiseer as Sielkundige.  Sy het Suid-Afrika se Geestesgesondheid Professionele Raads-eksamen geskryf en is geregistreer as ʼn Opvoedkundige Sielkundige by die Mediese Raad en is dus by die Mediesefondse ingekontrakteer.
 
Ronel doen formele psigometriese emosionele en skolastiese toetse, speelterapie, psigoterapie, emosionele intelligensie ontwikkelings-vaardighede, vakkeuses, skoolgereedheid toetse, ouerleiding, studiemetodes, roubegeleiding, egskeidingsbegeleiding en bied ook werkswinkels en motiveringspraatjies aan.
 
Die kindertjies kan deur die onderwysers of deur die ouers by haar aangemeld word.  Sy sien kinders dan vir terapie, leerondersteuning ens. op Goedehoop se perseel in haar Terapiehuisie. Sy het ook Spreekkamers by haar Privaatpraktyk in Trichardt.

Navraag Ronél Sadie - Opvoedkundige Sielkundige