Ronél Janse van Rensburg Arbeidsterapeut
Ronèl Janse van Rensburg is sedert 1993 werksaam as Arbeidsterapeut in Secunda. Haar man is ‘n oud-onderwyser van Goedehoop en haar drie kinders het ook hul laerskoolloopbane by Goedehoop begin en voltooi. Haar passie is om met kinders met ontwikkelings- en perseptuele agterstande, wat ook lees en spel en vele ander vaardighede insluit, te werk. Sy is reeds 20 jaar as arbeidsterapeut werksaam by Laerskool Goedehoop en kinders is haar passie en sy geniet dit baie om met hulle te werk. Dit is ‘n voorreg om elke dag met die pêrels van Jesus se kroon te werk.
Arbeidsterapie is ‘n groot opwindende avontuur, vol pret en plesier. Die leerproses vind plaas deur middel van speel. Verskeie apparaat word op opwindende en kreatiewe manier gebruik om leer te fasiliteer.
Die duur van elke terapiesessie verskil van kind tot kind. Dit is baie belangrik dat ouer, kind en arbeidsterapeut saamwerk om die vordering van die kind te verseker.
Wat gebeur tydens ‘n assesseringsessie? Die arbeidsterapeut het ‘n onderhoud met die ouers. ‘n Standaard toets van ongeveer 2 tot 3 ure word met kleinding gedoen. ‘n Kliniese observasie met ‘n volledig verslag word aan die ouers deurgegee. Na afloop van die inligtingsessie word ‘n plan van aksie geïmplimenteer.
As Arbeidsterapeut word die volgende by skoolgaande kinders aangespreek:
- Konsentrasie
- ADHD
- Werkspoed
- Potloodgreep en -kontrole
- Swak handskrifvaardighede
- Swak lees, spelling en wiskunde