Skip to content

Laerskool Goedehoop: Dissiplinêre Beleid

As leerders van Laerskool Goedehoop is ons waardes vir ons belangrik – ons respekteer alle mense en aanvaar mekaar en ons omstandighede, ons is verantwoordelik en betroubaar, eerlike en gedissiplineerd, is trots en gee om, vergewe mekaar en openbaar liefde. Ons verstaan dat ons as verteenwoordigers van ons skool optree binne en buite skoolverband. Ons verstaan dat ons, wanneer ons ons skooluniforms aan het, duidelik geïdentifiseer kan word as leerders van die skool en dat ons optrede daarom in lyn moet wees met die waardes wat ons skool kies en uitleef.

Indien ek dan optree op ‘n manier wat ons skool se beeld skade aandoen deur nie volgens die waardes op te tree nie, aanvaar ek dat daar sekere dissiplinêre optrede kan wees.