Skip to content

Daníle Neethling Spraakterapeut-Oudioloog

Daníle het Spraakterapie en Oudiologie (B. Logopedika) gestudeer by die Universiteit van Pretoria en het direk na Universiteit vir twee jaar in Johannesburg Hospitaal gewerk, waarna sy vir 2 jaar as ‘n spraakterapeut by die Onderwysdepartement gewerk het.  Na afloop van haar diens by die Onderwysdepartement het sy vir 5 jaar in ‘n multi-dissiplinêre praktyk gewerk – saam met ‘n ander spraakterapeut, ‘n arbeidsterapeut en ‘n sielkundige.

In 1997 maak sy haar eie privaatpraktyk oop.  Sy is baie lief vir mense en geniet haar werk steeds na 30 jaar.  Daníle se hoofdoel as terapeut is om kinders wat spraak-, taal- of luisterprobleme het vroeg op te spoor, te evalueer en te behandel sodat die probleem so min as moontlik impak het op hulle ontwikkeling asook hulle selfbeeld en selfvertroue. Vroeë identifikasie van ‘n spraak- of gehoorprobleem is baie belangrik.

Sy geniet dit om by die skool te werk, want sy het direkte kontak met die onderwyseres en kan dan ondersteuning bied. Saam kan hulle dan probeer om die probleme aan te pak en hopelik so gou as moontlik oplos.

Daníle werk hoofsaaklik met:

  • Kinders wat laat begin praat;
  • Kinders wat onduidelik praat ( bv. sekere klanke verkeerd uitspreek of nog glad nie kan sê nie);
  • Kinders met ‘n taalagterstand m.a.w. hulle woordeskat is nie goed ontwikkel nie en vind dit dan moeilik om hulle gedagtes te verwoord;
  • Kinders wat sukkel met die aanleer van klanke vir lees en spelling;
  • Kinders met spellingverwante probleme;
  • Mense wat hakkel;
  • Iemand met voeding – / slukprobleme;
  • Persone met gehoorprobleme (gehoortoetse);
    Die passing van gehoorapparate of FM – sisteme – lg. help veral ‘n aandagafleibare kind om agtergrondsgeraas in ‘n klassituasie uit te skakel;
  • Sy verskaf ook maak-pas swemproppies, slaapproppies en gehoorbeskermers.

Navraag Daníle Neethling - Spraakterapeut-Oudioloog